Lando Norris

Lando Norris
Lando Noris, 2020
Lando Noris, 2020
Geboortedatum 13 November 1999 (1999-11-13)
Geboorteplek Bristol, Verenigde Koninkryk
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Brit
Span in 2024 McLaren-Mercedes
Motornommer 4
Inskrywings 120 (120 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 2
Podiums 23
Loopbaanpunte 874
Voorste wegspronge 5
Vinnigste rondtes 9
Eerste F1-wedren 2019 Australiese Grand Prix
Eerste wen 2024 Miami Grand Prix
Laaste wen 2024 Nederlandse Grand Prix
Laaste inskrywing 2024 Italiaanse Grand Prix
Laaste seisoen 2023
Verlede jaar plek 6de (205 punte)

Lando Norris (* 13 November 1999) is 'n Brits-Belgiese professionele motorrenjaer wat tans vir die McLaren-span aan Formule Eenrenne deelneem en onder die Britse vlag jaag. Hy het die MSA Formule-kampioenskap in 2015 gewen, en die Toyota Racing-reeks, Eurocup Formule Renault 2.0 en Formule Renault 2.0 Noord-Europese Beker in 2016. Hy het ook daardie jaar die McLaren Autosport BRDC-toekenning ontvang. Hy het daarna die 2017 FIA Formule 3 Europese Kampioenskap gewen. Hy was 'n lid van die McLaren Jongbestuurderprogram.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy